Nefertari

Nefertari
Groot koningsvrou
Dame van die Twee Lande
Meesteres van Bo- en Benede-Egipte
'n Grafkeldermuur wat Nefertari, die groot koningsvrou van farao Ramses II, uitbeeld.
'n Grafkeldermuur wat Nefertari, die groot koningsvrou van farao Ramses II, uitbeeld.
Volle naam Nefertari Meritmoet
Sterfdatum Omstreeks 1255 v.C.
Begrawe QV66, Vallei van die Koninginne, Thebe
Gade Ramses II
Dinastie 19de Dinastie van Egipte

Nefertari, ook bekend as Nefertari Meritmoet, was 'n Egiptiese koningin en die eerste van die Groot Koningsvroue (hoofvroue) van Ramses die Grote.

t G15 nfrit
r
Z1 Z1
n
N36
t
("Die mooiste onder hulle")
Nefertari-Meritmoet (Nfrt jrj mrjt n Mwt)
in hiërogliewe

Sy is een van die bekendste antieke Egiptiese koninginne, saam met vroue soos Cleopatra, Nefertiti en Hatsjepsoet, en een van die prominentstes wat sover bekend nie uit eie reg regeer het nie.

Sy was hoogs opgevoed en kon Egiptiese hiërogliewe lees en skryf, 'n skaars talent in haar dae. Sy het dié vaardighede in haar diplomatieke werk gebruik en met ander hoë koninklikes gekorrespondeer. Haar ryklik versierde grafkelder, QV66, is een van die grootstes en skouspelagtigstes in die Vallei van die Koninginne. Ramses het ook 'n tempel vir haar laat bou by Aboe Simbel, langs sy reusagtige monument daar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search